Online ticket sales end on:


BUY YOUR TICKET NOW!

BUY TICKET NOW
Shape

Woordfees: Laerskool Noord – ’n Komedie (Windhoek)


Laerskool Noord se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees? Met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Neels Coetzee en die bekroonde akteur Gideon Lombard, as regisseur. Teks: Ilne Fourie. Ouderdomsbeperking van 13.

Venue:
Droombos Black Barn


Date:

Fri 03 Nov 2023


Time: 20:00 

Entrance: N$ 250 pp

 Ouderdomsbeperking van 13 

BUY YOUR TICKET NOW!

BUY TICKET NOW