
Online ticket sales end on:
BUY YOUR TICKET NOW!
BUY TICKET NOW
Liefdesbriewe - Windhoek
‘n Middeljarige man en vrou, gespeel deur
Chrisna Beuke-Muir en Attie van Wyk, herleef hul liefdesverhouding in die
liefdesbriewe wat hulle oor die jare vir mekaar geskryf het. Hulle
laerskoolbriewe verklap die onskuld van sewejariges, maar ook die seksuele
bewuswording van mekaar. Namate die twee se paaie skei, voer ontroering en
teerheid die botoon. Die gehoor word meegesleur na die beloofde land van die
jeug en die verspeelde kanse van die middeljare.
Die oorspronklike toneelstuk, Love Letters, is die pennevrug van die Amerikaner Pete Gurney. Dit is in
verskeie tale vertaal.
Venue:
Droombos Rooi Galery
Date:
Fri 03 Nov 2023